Talle paaie en laagliggende brûe in die Oos-Vrystaat is oorstroom, nadat swaar reën uitgesak het. Rampbestuur in die Thabo Mofutsanyana distriksmunisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gebiede afgesper. Rampbestuur sê van die paaie is vol slaggate wat die situasie vererger. Motoriste is aangeraai om die R707 tussen Senekal en Marquard te gebruik en die pad tussen Winburg en Marquard te vermy. Motoriste kan ook in die Makwane-gebied in QwaQwa probleme ondervind weens oorstroomde en beskadigde paaie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×