Talle provinsies loop die naweek onder ‘n hittegolf deur

 Talle provinsies loop die naweek onder ‘n hittegolf deur

‘n Hele paar provinsies in die land gaan die volgende paar dae onder ‘n hittegolf deurloop. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dit gaan Gauteng waarskynlik van môre af tref. Die weervoorspeller, Wayne Venter, sê die hittegolf sal tot Dinsdag voortduur en die hoëdrukstelsel sal na verwagting ook ‘n invloed hê op die weer in die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat.

Gerdie Karstens