Die kuberveiligheidsmaatskappy CrowdStrike sê ‘n beduidende aantal toestelle wat geraak is deur Vrydag se grootskaalse IT-onderbreking, is nou weer aanlyn.

SABC-nuus berig die maatskappy se veiligheidsopdatering het veroorsaak dat rekenaars wat Microsoft Windows gebruik se stelsels wêreldwyd ineengestort het. Microsoft raam dat die voorval agt-komma-vyf miljoen rekenaars wêreldwyd geraak het.

Sake-ondernemings, banke, hospitale en lugdienste is veral geraak, en sommiges sukkel steeds om hulle stelsels ten volle te herstel. Meer as een-duisend-400 vlugte na of van Amerika is gister weens die onderbreking gekanselleer, terwyl gesondheidsdienste in Brittanje, Israel en Duitsland Vrydag geraak is.

CrowdStrike het om verskoning gevra en gesê hy is besig met ‘n oplossing wat stelsels sal help om vinniger te herstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×