Die Byenes-dagsorgsentrum In Wilgehof is sonder rede ‘n aand voor die grusame moorde op die eienaar, die 65-jarige Betsie Kruger, haar dogter Janine Theron en haar skoonseun Christo Theron gesluit. Hulle is gisteroggend dood in die huis van die dagsorgsentrum aangetref. Kruger se ma, die 91-jarige Aletta Becker, is nie aangeval nie. Die vermoordes is glo oor die kop geslaan, vasgebind en verwurg. Netwerk 24 berig ‘n groot groep familielede, bure en ouers van die dagsorg-kinders het heeldag voor die huis saamgedrom. Van die kinders was nog Woensdag by die dagsorgsentrum. Die ouers was glo uit die veld geslaan toe hulle Woensdagaand ‘n whatsapp-boodskap van Janine Theron in Engels gekry dat die ouers nie hul kinders Donderdagoggend na die sentrum moet bring nie, want dit word gesluit. Theron het glo nooit in Engels gekommunikeer nie en Kruger het beplan om eers aan die einde van die jaar af te tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×