Altesaam 23 weermaglede is tydens ʼn drilsessie by die Dunnottar-weermagbasis in Gauteng beseer toe ʼn motor skielik deur hulle geploeg het.

Woordvoerder van die Nasionale Weermag, Siphiwe Dlamini, het aan Maroela Media gesê 14 lede met geringe beserings is reeds ontslaan, met nege wat in die hospitaal bly vir verdere behandeling. Dlamini sê die persoon wat die ongeluk veroorsaak het, is in aanhouding en is onder mediese toesig.

ʼn Saak is by die polisie aanhangig gemaak.

Die groep is glo oudsoldate en MK-veterane wat gewerf is om as vredesbeamptes vir Gautengse premier Panyaza Lesufi opgelei te word. Hulle bly die afgelope maand op die basis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×