Tannie Mossie van Bloemfontein reageer goed op behandeling nadat sy byna ‘n maand gelede ‘n beroerte in haar huis gehad het. Die een-en-tagtig jarige Joan Abrahams, wat alom as tannie Mossie bekend is, word in die EmoyaMed Private Hospitaal se afdeling vir akute rehabilisasie behandel, nadat sy verlede week uit die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein daarheen oorgeplaas is. Netwerk24 berig Johannes Jacobs, hospitaalbestuurder van EmoyaMed, het gesê sy reageer goed op die behandeling en dit gaan onder die omstandighede goed met haar. Sy sal na verwagting nog twee tot drie weke rehabilitasie kry voordat sy huiswaarts kan keer, maar hy kan nie verdere inligting oor Abrahams se toestand bekend maak nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×