Tanzanië het ‘n verbod ingestel op die invoer van landbouprodukte uit Suid-Afrika en Malawi.
Die land sê dit is in reaksie op soortgelyke handelsvoorwaardes wat die twee lande op Tanzaniese produkte ingestel het.
SABC-nuus berig Malawi se verbod geld vir mieliemeel, rys, gemmer en piesangs uit Tanzanië, terwyl Suid-Afrika se verbod geld vir piesangs.
Volgens berigte het Tanzanië geëis dat Malawi en Suid-Afrika hulle verbod op Tanzaniese goedere teen Woensdag kanseleer.
Volgens die Tanzaniese minister van landbou, Hussein Bashe, het dit egter nie gebeur het nie. Bashe sê hulle sal voortgaan met samesprekings om die geskil by te lê. Al drie lande behoort aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.