Katar sal voortgaan om betalings aan Gaza te maak om die gebied te ondersteun soos hy dit reeds jare lank doen, het Mohammed bin Abdoelaziz al Choelaifi, Katar se minister van buitelandse sake gister gesê. Die ooreenkoms met Hamas behels dat diplomate van Katar maandeliks  met tasse kontant van sowat 15-duisend-dollar die gebied binnekom. Sky News berig die kontant was veronderstel om Gaza se staatsamptenare te betaal en is in 2018 deur Israel goedgekeur. Afgetrede genl maj Amos Gilad van Israel het gesê hy was daarteen gekant om geld aan Hamas te gee toe hy in die veiligheidsafdeling was. Gilad het gesê die geld is soos suurstof vir Hamas wat dit gebruik om sy greep op Gaza te versterk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×