Tatjana Schoenmaker het ‘n duidelike stelling gemaak toe sy gister ‘n nuwe nasionale rekord opgestel

 Tatjana Schoenmaker het ‘n duidelike stelling gemaak toe sy gister ‘n nuwe nasionale rekord opgestel

Tatjana Schoenmaker het ‘n duidelike stelling gemaak toe sy gister ‘n nuwe nasionale rekord opgestel het in die 50m borsslag op dag 1 van Swem SA se kampioenskap by Newton Park Swembad.

Die 23-jarige het klaargemaak in ‘n tyd van 30.42.

Schoenmaker, wat die goue medalje gewen het in die 100m en 200m borsslag by die 2018 Statebond Spele het in die proses ook ‘n nuwe Afrika rekord opgestel.

Suid-Afrika se Olimpiese Spele-ster, Chad le Clos het ook gemaklik deurgedring na die 50m vlinderslag finaal met ‘n tyd van 24.14.

Die kampioenskap wat verskuif is vanaf Kings Park swembad in Durban na Newton Park, as gevolg van instandhoudingsprobleme, sal Maandag hervat.

LeandreAdmin@