Die taxi staking in Kaapstad wat ‘n week geduur het, het gisteraand laat geëindig,
het Santaco bevestig. Dié taxi-vereniging se voorsitter, Mandla Hermanus het bevestig
dat die wegbly-aksie tot ‘n einde gekom het na deeglike onderhandelinge. Volgens
Netwerk 24 is daar ook ooreengekom dat taxi’s vrystelling kry binne die volgende twee
weke wat volgens Santaco verkeerdelik geskut is. Hermanus het sy medelye
uitgespreek teenoor families van mense wat tydens die staking gesterf het. Die
Kaapstadse burgemeester, Geordon Hill-Lewis het kort voor tienuur gisteraand op X
bevestig die staking is verby.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×