Taylor Swift was die ster by vanjaar se Grammy-toekennings in Los Angeles toe sy die eerste kunstenaar geword het wat vier keer die toekenning ingepalm het vir album van die jaar.

Sy het die vorige drie keer die toekenning gedeel met Stevie Wonder, Paul Simon en Frank Sinatra.

Swift het ook tydens die geleentheid aangekondig dat sy ‘n nuwe album, “The Tortured Poets Departement” op 19 April gaan bekendstel.

Rosestad-nuus het ook vroeër berig die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Tyla, het haar eerste Grammy gewen vir haar trefferliedjie “Water”.

Sy is die eerste wenner van die nuwe kategorie vir Beste Afrika Musiek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×