Dit is vandag reeds 272 dae sedert Rusland Oekraïne op 24 Februarie vanjaar binnegval het.
Oekraïners moet hulself op die een of ander manier staal teen die bitterlike koue wat sy greep nou in dié wêrelddeel inslaan.
Die helfte van Oekraïne se energie-infrastruktuur is óf beskadig óf totaal vernietig, en minstens 10 miljoen mense is tans sonder krag.
Daar word voorspel dat temperature so laag as minus 20 grade Celsius in sommige gebiede sal daal.
President Wolodimir Zelenski van Oekraïne het mense aangemoedig om krag te bespaar, veral in gebiede wat erg geraak word – dit sluit Kijif, asook gedeeltes in die suidweste, die noorde en gedeeltes aan die Swartsee in.
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het ook 703 aanvalle op gesondheidsfasiliteite gedokumenteer sedert Rusland sy inval begin het.