Sowat een uit vyf van Suid-Afrika se professionele verpleërs is ouer as 60, het Leatitia Rispel van Wits se Skool van openbare gesondheid gesê. Sy het die kongres van die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika hieroor toegespreek. Rispel het dit volgens Netwerk 24 ‘n tikkende tydbom genoem. Sy het gesê dis moeilik om die presiese omvang van die tekort te bepaal en hoeveel in die land opgelei moet word. Rispel het gesê die probleem lê weens die gebrek aan beplanning en onvermoë op nasionale vlak. Ongeag watter model ookal gebruik word, dit toon ‘n gebrek aan vaardige gesondheidswerkers. ‘n Suster van ‘n Private hospitaal in Bloemfontein het annoniem met Rosestad Nuus gepraat en gesê die hospitaal werf jongmense om hulself by universiteite as susters te kwalifiseer. Die probleem lê by opleidingskolleges vir verpleegpersoneel wat nou weer begin met opleiding, maar die klasse is slegs in ‘n swart taal.
