Aanbieder

Hou Links

Enriko het op ‘n jong ouderdom verlief geraak op radio. Op 12-jarige ouderdom sou hy sy eie “programme” op “tapes” opneem! Ja, “tapes”!

Hy het sy uitsaailoopbaan as nuusleser op kampusradio begin, maar dit was nie lank voordat hy aanbeweeg het om ‘n laat-aand program aan te bied nie. Hierna is hy bevorder na die naweekontbytprogram, toe weeksmiddae, en uiteindelik die weeksdagontbytprogram.

Enriko het spoedig sy produksievaardighede begin uitleen aan ‘n middagprogram op kommersiële radio en het ook 19:00 – 22:00 uitgesaai. Na ‘n paar jaar het hy aanbeweeg na die Top 30 program oor naweke.

“Kom ons sit om ‘n tafel en gesels.”

Nou bevind hy homself op die oggendprogram, Hou Links op Rosestad 100.6 FM en doen ook die produksies van advertensies! Sy reis in radio het begin by kampus, toe gevorder na kommersieel, en nou geniet hy die persoonlike element van geemeenskapsradio!

“Ek is mal oor hoe persoonlik radio kan wees”.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×