Jou Nadia Pieters het die grootste deel van haar kinderlewe in Bosveld spandeer – vandaar haar liefde vir ‘n mooi sonsdergang en natuurlik kuiers om ‘n vuur. Sy is voltyds deel van die Rosestad Nuus-span maar jy kan Sondae, Maandae en Woensdae nader skuif wanneer sy 6 uur agter die mikrofoon inskuif hier by Rosestad 100.6. Sy hou van alle tipe musiek – maar musiek uit die 80’s bly haar gunsteling, so jy sal gereeld ‘n nommertjie of twee uit daardie area hoor. Nie net het sy ‘n liefde vir kuiers, musiek en koffie nie – soos jy seker al agtergekom het is sy ‘n naguil en dus hou sy van enige feite oor die maan en sterre. Wanneer sy haar nie met die nuus of met musiek besig hou nie, sal jy haar heel moontlik doenig kry met een of ander kreatiewe projek, van hekel, iets uit klei maak, ‘n waterverf prentjie verf of enige nuwe vorm van kuns – sy is geneig om nie vir lank stil te sit nie. Al wanneer sy dalk ‘n rukkie stil sit, is wanneer sy of met ‘n nuwe boek, en natuurlik ‘n beker koffie, iewers opgekrul sit of wanneer sy met geliefdes om ‘n tafel kuier.
Aanbieder