Die Afrika-sentrum vir Tabakmonitering en Beleidsnavorsing, het veral jongmense in die visier, met sy omvattende teen-tabakveldtog. Na raming is daar wêreldwyd ongeveer 37-miljoen jongmense wat tabak gebruik.
Vandeesmaand se veldtog sluit ook bewusmaking in, om die amperse vrylike gebruik van die sogenaamde hubbly-bubbly-pyp, by skole te bekamp. Lekan Ayo-Yusuf sê die sentrum doen ‘n dringende beroep op die regering, om ‘n wetsontwerp te aanvaar wat onder meer die gebruik van hubbly’s in opebare plekke verbied.