Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n waarskuwing oor snerpende koue weerstoestande vir groot gedeeltes van die land uitgereik, en die Mangaung-metro word hierby ingesluit. Munisipale woordvoerder vir die metro, Qondile Khedama, het in ‘n verklaring gesê dat brandgevaar styg wanneer die kwik tot temperature onder vriespunt daal. Die rede hiervoor is aangesien mense dan van oop-vure, kaggelvure en ander ontvlambare toestelle gebruik maak om hulself teen die koue te pantser. Hy maan inwoners onder meer om hul elektriese komberse af te skakel voor hulle aan die slaap raak en om verwarmers slegs in die teenwoordigheid van mense aangeskakel te hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×