Die tekort aan hoendervleis sal nie so erg wees soos wat aanvanklik verwag is nie. Dit danksy flink optrede van die pluimveebedryf om die impak van die voëlgriep uitbreking te versag. Isaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, of Sapa, se afdeling vir braaikuikens het gister aan Netwerk 24 gesê die infeksiekoers het reeds sy piek bereik en die herstelproses is tans onderweg. Sekere maatreëls is ingestel om die bedryf uit die krisis te help. Die bedryf het begin met die uitbroei van tweedegraadse eiers, produsente voer nou 83 miljoen bevrugte eiers in, die hoenderbedryf gebruik voorrade wat in die winter opgebou is toe die aanvraag laer was en hoenderstukke word van oorsee ingevoer. Die ingrypings sal die tekorte omseil, het Breintenbach gesê. Ongeveer 8.5 miljoen hoenders moes van kant gemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×