Tenderbedrog: Vlaag van verdagtes in hegtenis geneem

 Tenderbedrog: Vlaag van verdagtes in hegtenis geneem

‘n Adjunk nasionale polisiekommissaris is die jongste in ñ vlaag van verdagtes wat vir tenderbedrog in hegtenis geneem is.

Twaalf verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem in die saak wat verband hou met die voorsiening van noodwaarskuwingtoerusting aan die polisiediens deur middel van ‘n polisietender in 2017.

Die voormalige nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane is vir dieselfde saak aangekeer.

Die verdagte sal tereg staan op aanklagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.

Die kontrakwaarde is R191 miljoen.

Slegs R65 miljoen is aan die diensverskaffer betaal.

LeandreAdmin@