Die Rooiwal-afvalwaterbehandelings-projek by Hammanskraal, noord van Pretoria, moes die voorsiening van skoon drinkwater verseker.
Cholera het egter vroeër vanjaar hier uitgebreek en meer as 30 mense het weens die siekte gesterf.
President Cyril Ramaphosa het nou magtiging aan die Spesiale Ondersoekeenheid om bewerings van wanadministrasie en korrupsie in die Tshwane-metro te ondersoek. Dit sluit onder meer die tender van meer as R290 miljoen vir die waterprojek in.
Rosestad-nuus het vroeër berig altesaam 1 073 vermeende gevalle van cholera is tussen 1 Februarie en 4 Julie vanjaar in vyf provinsies in die land
aangemeld, waarvan 198 deur laboratoriums bevestig is.
Die meeste gevalle is in Gauteng aangeteken, gevolg deur die Vrystaat, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Altesaam 47 sterftes is in dié tyd met cholera verbind, insluitend vier sterftes in die Vrystaat.