Novak Djokovic sal binnekort terugkeer na die tennisbaan en mik om ATP titel nommer 100 volgende week in Doha in te palm.
Die Serwiër is nog op die herstelpad na ‘n beenbesering hom gedwing het om te onttrek van die halfeindronde by die Australiese Ope.
Volgens Djokovic het hy bykans volkome herstel en is oorgehaal om sy 100ste ATP titel by die Katar Ope te wen wat die eerskomende Maandag begin.