TENNIS – Carlos Alcaraz het ook beïndruk in sy 1ste ronde wedstryd van die Australiese Ope toe hy die veteraan Richard Gasquet in skoon stelle getroef het.
Die Spanjaard het taai teenstand in die 1ste stel gekry maar daarna versnel en die daaropvolgende 2 op ’n drafstap met 6 – 1 en 6 – 2 gewen.
In die ander wedstryde het Holger Runne en Casper Ruud ook deurgedring na die 2de ronde na skoonstel oorwinnings teen onderskeidelik Yoshihito Nishioka en Albert Ramos-Vinolas.
*Brittanje se Jack Draper ook sy plek in die volgende ronde bespreek maar was na sy wedstryd teen Marcos Giron sò siek weens die skroeiende hitte dat hy na afloop van sy wedstryd na ’n asblik langs die baan geskarrel het en daarin opgebring het. Draper het ook gedurende die wedstryd ’n mediese blaaskans benodig maar uiteindelik in 5 stelle geseëvier.