TENNIS – Nadat die 19-jarige Carlos Alcaraz Sondag die Amerikaanse Tennis Ope titel ingepalm het hou sy land asem op dat die Spaanse wonderkind beskikbaar te wees vir Davis Beker askie wat hierdie week in Valencia afskop.

Volgens die spankaptein Sergi Bruguera – wat self met 2 Franse Ope titels spog – was dit geen verrassing dat Alcaraz sy Grand Slam rekening op so gepaste wyse geopen het nie en vertrou dat die wêreld se jongste nommer een speler in die openingswedstryd van Groep B teen Serwië asook later teen Suid-Korea en Kanada sal kan meeding.

Spanje het ook die ervare Roberto Bautista Agut en Alejandro Davidovich in hul span ingesluit met Alaraz wat heel moontlik teen Novak Djokovic te staan sou kom maar die Serwiër moes weens persoonlike redes van die toernooi onttrek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×