TENNIS – Dit was ‘n kwessie van naby maar tog so ver toe die jong Spaanse tennisheld Carlos Alcaraz se droom om in sy 1ste Grand Slam finaal Sondag te speel aan skerwe gespat toe hy deur die 3de gekeurde Alexander Zverev in die kwarteindronde van die 2022 Franse Ope uitgeskakel is.

Zverev het die eerste twee stelle gewen waarna Alcaraz die bordjies in die 3de verhang het. In die 4de stel moes Zverev hard werk om uiteindelik die valbylpot  en wedstryd met ‘n telling van 9 – 7 te kon wen. 

Die hoogtepunt van die dag was egter die langverwagte stryd tussen die verdedigende kampioen Novak Djokovic en die 13-malige wenner op Roland Garros Rafael Nadal.

Die twee wêreldklas spelers het mekaar van die 1ste afslaan af opgekeil en dit was duidelik dat nie een vir die ander sou terugdeins nie maar dit was uiteindelik Nadal wat sy hande triomfantelik in die lug kon gooi.

Die 5de gekeurde Nadal sal nou teen Zverev te staan kom in die semi-finaal wat Vrydag plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×