TENNIS – Die Spaanse wonderkind is terug!

Die 19-jarige Carlos Alcaraz is vir die 1ste keer sedert November weer in aksie nadat ’n besering hom langs die baan gehou het.

Alcaraz wat groot opgang gemaak het in 2022 het reeds 5 titels agter sy naam geskryf wat onder andere die Amerikaanse Ope insluit en hom in die nommer 1 plek op die wêreldranglys laat inskuif het.

Sy sprokiesverhaal begin is egter in die Parys-meesterstoernooi kortgeknip nadat hy ’n maagspier geskeur het. Na sy herstel was hy weer gereed om sy terugkeer tot die baan te maak maar ’n onverwagse beenbesering in ’n oefening het hom weereens gekniehalter en gevolglik kon hy nie in Melbourne aan die 1ste Grand Slam toernooi van die jaar deelneem nie.

Diè voormalige en jongste nommer een speler ooit in die geskiedenis van professionele tennis  weet dat hy strawwe kompetisie te wagte kan wees van die wêreld se beste speler tans Novak Djokovic asook die alomteenwoordige Rafael Nadal en talentvolle Stefanos Tsitsipas.

Alcaraz speel tans in die Argentynse Ope en kom môre in die laaste ronde van 16 teen die Serwiër Laslo Đere te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×