Carlos Alcaraz het sy ATP-jaareindtoernooi veldtog terug op koers gekry met ‘n redelike gemaklike oorwinning oor Andrey Rublev.

Alcaraz was veral indrukwekkend in die eerste stel, en ondanks druk van Rublev in die tweede stel, verdien die Spanjaard ‘n 6-3 en 7-6 oorwinning in ‘n uur en 36 minute.

Intussen het Alexander Zverev sy voorsprong versterk in die John Newcombe groep, met ‘n 7-6 en 6-3 wen oor Casper Ruud.

Taylor Fritz en Alex de Minaur speel Donderdag in hulle laaste groepwedstryd, terwyl Daniil Medvedev teen die voorloper te staan kom in hulle groep, die wêreld se voorste mansspeler, Jannik Sinner.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×