TENNIS – Carlos Alcaraz het na sy oorwinning by die Queens-grasbaantoernooi in Londen sy voorbereiding vir Wimbledon goed afgerond en is as die nuwe wêreld nommer een slaggereed om sy stem dik te maak by die All England Lawn Tennis & Croquet Club waar diè aarbei en room toernooi eerskomende Maandag afslaan.

Die Spaanse tennisheld het die Aussie Alex de Minaur verspot maklik met 6 – 4 en 6 – 4 in die eindstryd uitgestof. Dit was ook sy 1ste grasbaan titel en ook maar slegs sy 5de een vir die jaar.

Alcaraz gaan nou poog om in Rafael Nadal se voetspore te volg wat ook die Queens toernooi in 2008 gewen het en daarna voortgegaan het om sy 1ste Wimbledon trofee omhoog te kon lig.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×