TENNIS –  Die Skotse veteraan Andy Murray wat die 10 jaar herdenking van sy eerste Grand Slam oorwinning by Flushing Meadows vier het beïndruk toe hy in skoon stelle teen die 24ste gekeurde Francisco Cerundolo gewen het terwyl die wêreld nommer een Daniil Medvedev ook deur is na die volgende ronde met ‘n 6 – 2 , 6 – 4 en 6 – 0 oorwinning oor Stefan Kozlov.

Die Aussie harde koejawel Nick Kyrgios moes op sy beurt dubbelsmaat en mede-wenner by die Australiese Ope Thanasi Kokkinakis se aanslag afweer wat Kyrgios ook in 3 stelle gewen het.

In die dames afdeling was die Amerikaner Coco Gauff ook in aksie teen Leolia Jeanjean en het die wedstryd in ‘n uur en 19 minute beklink terwyl die 22-jarige Kanadese ster Bianca Andreescu eers van uitrusting moes verander nadat ‘n parmantige rukwind bly terg het waarna sy uiteindelik in 3 stelle teen Harmony Tan gewen het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×