TENNIS: Die wenner van 8 Grand Slam titels en voormalige wêreld nommer een Andre Agassi sal die berugte stoutseun van professionele tennis uit die jare 80’s John McEnroe in 2025 as die kaptein van die Laverbeker-wêreldspan vervang.
Agassi neem die leisels by Mac oor wat sedert 2017 die kitaar geslaan het en sal in volgende jaar se toernooi in San Francisco die leisels oorneem terwyl die legendariese Bjorn Borg steeds die Europese spankaptein sal wees waar hy reeds vir die laaste 7 jaar aan die stuur van sake staan.
*Die 4-tal van Carlos Alcaraz , Rafael Nadal , Daniil Medvedev en Alexander Zverev sal weer vanaf 20 tot 22 September poog om die beker vir 2024 terug te wen.