Die tennis-legende Andy Murray sê hy is dankbaar dat hy sy loopbaan op sy eie terme by die Olimpiese Spele kon afsluit.

Die 37-jarige Skot word as een van Brittanje se grootste sportsterre beskou. SABC-sport berig hy het die Wimbledon-toernooi twee keer gewen, goue medaljes in die enkelspel by die Olimpiese Speles van 2012 en 2016, en ‘n silwer medalje in die gemengde dubbelspel by die 2012 Spele.

By vanjaar se Spele in Parys het Murray hom aan die enkelspel onttrek, waarna hy en Dan Evans Vrydag in die kwarteindstryd deur die Amerikaners Taylor Fritz en Tommy Paul geklop is. Hy is in 2017 tot ridder geslaan vir sy diens aan tennis en welsyn.

Murray het reeds voor die Olimpiese Spele gesê hy sal na afloop van die Spele uittree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×