Aryna Sabalenka het haar plek vasgemaak in ‘n derde agtereenvolgende Australiese Ope eindstryd na sy Donderdag die 11de  gekeurde Paula Badosa gemaklik geklop het.

Die eerste gekeurde Sabalenka het die Spanjaard met 6-4 en 6-2 binne ‘n uur en 26 minute getroef.

Sabalenka het na haar wen gesê dat dit de so maklik was soos dit gelyk het nie:

Sabalenka ontmoet nou die 19de gekeurde Madison Keys wat vir ’n skokoorwinning gesorg het nadat sy die 2de gekeurde Iga Swiatek met 5 – 7 , 6 – 1 en 7 – 6 kon uitstof.

In die mans afdeling speel Novak Djokovic Vrydag teen Alexander Zverev terwyl die verdedigende kampioen Jannik Sinner teen Ben Shelton sake sal uitspook.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×