TENNIS – Die ATP-reeks en Saoedi-Arabië se openbare beleggingsfonds (PIF) het ook hande gevat en ’n strategiese vennootskap onderteken wat oor jare sal strek.
Met diè ooreenkoms het Saoedi-Arabië ook sy invloed op sport wêreldwyd verstewig aangesien diè organisasie ook reeds baie geld belê het in gholf , sokker en motorsport.
Daar was agter ook sterk teenkanting van tennislegendes soos Chris Evert , Martina Navratilova en John McEnroe oor diè land se geskiedenis van menseregteskendings terwyl diè woestynstad hierdiè bewerings ten stertkste ontken. Bewerings word ook gemaak dat diè beleggingsfonds op hierdiè manier oneties optree onder die nuwe benaming van “sportwassery”.
*Die PIF sal nou ’n naamregte-vennoot van die ATP-toernooie in Indian Wells , Miami , Beijing en Madrid word sowel as die ATP-eindronde in Italië en Turyn en die Next Gen ATP-toernooi in Djeddah.