TENNIS – Nog goeie nuus vir Suid-Afrika is dat die top junior tennis speler in die land die Internasionale Tennis Federasie se Graad 2 toernooi Saterdag in Durban gewen het.

Devin Badenhorst wat 3de gekeur was het Antoine Ghibaudo van Frankryk in drie stelle voor sy tuisskare geklop met ‘n telling van 7 – 6 , 4 – 6 en 6 – 3.

In die meisies afdeling het die 16-jarige Malak El Allami van Marokko ook skoonskip gemaak sonder om ‘n enkele stel in die toernooi af te staan toe sy Darja Suvirdjonkova maklik met 6 – 3 en 6 – 3 uitgeskakel het.

Badenhorst en Allami sal nou ook hul fokus na die ITF Graad 1 toernooi verskuif wat ook vir die eerste keer in die Suid-Afrika aangebied word en wat reeds gister begin het en tot die 6de Augustus duur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×