TENNIS – Irina Begu het haar 5de enkelspsel titel ingeryg toe sy Lucia Bronzetti op die kleibane van Palermo in 2 skoon stelle uitgestof het.

Die 6de gekeurde Begu het Bronzetti wat nommer 78 op die wêreldranglys is en ook op soek was na haar eerste WTA-titel onkant betrap en die wedstryd maklik met 6 – 2 en 6 – 2 gewen.

Die 31-jarige Begu kon nie sedert 2017 toe sy voor haar tuisskare in Boekarest gewen het weer haar trofeë versameling aanvul nie maar sal hoop om op haar goeie vorm voort te bou wanneer sy volgende week as 4de gekeurde haar aanslag op die Poolse Ope titel sal maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×