TENNIS – Suid-Afrikse se nommer een vroue speler Bella Kruger het na ’n taai stryd teen Ekaterina Shalimova die laaste ronde van 8 gehaal by die ITF W-50 toernooi wat by Tuks se bane in Pretoria plaasvind.

Die 18-jarige Bella wat as ’n genooide speler aan diè toernooi deelneem het Ekaterina in net meer as 2 en ’n half ure in 3 stelle geklop. Die telling was 7 – 6 , 2 – 6 en 6 – 4.

Bella, dogter van die Springbok rugbylegende Ruben Kruger speel nou teen die 1ste gekeurde Laura Pigossi wat al onder die wêreld top 100 was en ook by 2 Grand Slam  toernooie naamlik die Australiese Ope en Wimbledon in aksie was.

*Kruger se spanmaat Lilitha Ndungane wat as kwalifiseerder die 2de ronde gehaal is egter in haar wedstryd teen Spanje se Giuomar Maristany in 2 skoon stelle getroef met 6 – 1 en 6 – 2

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×