TENNIS – Die 43-jarige Indiese speler Rohan Bopanna het ook die rekordboeke herskryf by die 2023 ATP Jaareindtoernooi toe hy die oudste speler geword het om ’n wedstryd in diè toernooi te wen.
Bopanna het saam met sy Australiese dubbelsmaat Matthew Ebden ’n rondomtalie-wedstryd teen Rinky Hijikata en Jason Kubler gewen en kan ook nog moontlik vir die halfeindronde kwalifiseer.
Carlos Alcaraz was ook weer aan die wenkant toe hy die humeurige Andrey Rublev in net meer as ’n uur in 2 stelle kon stuit. Die telling was 7 – 5 en 6 – 2.
*Diè toernooi duur tot Sondag.