TENNIS – Die gezoem van bye het die Alcaraz-Zverev kwarteindronde wedstryd in die Meesters 1000-toernooi by Indian Wells wat Donderdag gespeel is was vir ’n kort rukkie onderbreek toe diè spelers inderhaas na die kleedkamers verkas het.
Die verdedigende kampioen en wêreld nommer 2 Alcaraz wat uiteindelik in 2 skoon stelle gewen het is deur diè karnalies getakel en het al swaaiende met sy raket die ontydige besoekers probeer weghou terwyl hy en Zverev skuiling gesoek het.
Die skeidsregter Mohammed Lahyani het tot groot vermaak van die toeskouers aangekondig dat spel tydelik gestaak word weens die “ inval en aanval op die TV-span se spider cam ” en dat ’n byeboer oppad is om die probleem op te los.
* In 2022 was daar ook ’n groot bye inval in die Bernarda Para en Petra Kvitova wedstryd op die openingsdag by ‘n WTA1000 toernooi in Guadalajara toe diè ontydige besoekers ook intrek geneem het by die skeidsregter se stoel.