Die Spaanse tennisspeler, Carlos Alcaraz, het sy eerste binnenshuise titel verower nadat hy vir Alex de Minaur in die eindstryd van die Rotterdam Ope oor drie stelle verslaan het.

Alcaraz wat die derde plek beklee op die wêreldranglys het die Australiër met 6 – 4, 3 – 6 en 6 – 2 geklop en word eerste Spanjaard om diè titel te verower in die toernooi se 52 jaar geskiedenis.

Dit is Alcaraz se 17de ATP-titel, en eerste sedert die Beijing Ope in Oktober 2024.

Met sy oorwinning in Rotterdam word hy die jongste man in die geskiedenis om ‘n titel op klei, gras, hardebaan en ‘n binnenshuise hardebaan te wen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×