TENNIS – Die 8ste gekeurde Casper Ruud het ook Woensdag sy tasse gepak nadat hy in die 2de ronde deur Fabio Fognini in 4 stelle uit die Wimbledon-toernooi geknikker is. Die telling was -6 – 4 , 7 – 5 , 6 – 7 en 6 – 3.
Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz het min moeite ondervind teen Alexander Vukic en in skoon stelle geseëvier terwyl die nommer 5 gekeurde Daniil Medvedev harder moes werk in sy wedstryd teen die Duitser Alexandre Müller wat onder dak klaargemaak het en in 4 stelle die knoop kon deurhak.
Die 1ste gekeurde en wêreld nommer een Jannik Sinner en sy langenoot Matteo Berrettini was ook in ‘n marathon 4 stel-stryd betrokke waar Sinner uiteindelik met die louere kon wegstap.
*In die vroue afdeling het die 2de gekeurde Coco Gauff die 19-jarige Anca Todoni ’n tennisles geleer en met 6 – 2 en 6 – 1 gewen terwyl Emma Navaro die 4-malige Grand Slam-kampioen Naomi Osaka se terugkeer na graasbaan-tennis in 2 stelle gestuit het.