België se Davisbeker-span het in vreemde omstandighede deurgedring na die tweede ronde van kwalifisering nadat Cristian Garin van Chili per ongeluk deur sy Belgiese opponent Zizou Bergs omgestamp is en toe geweier het om diè wedstryd voort te sit.
Bergs het na sy sitplek al juigend gehardloop nadat hy ’n pot in die derde stel gewen het en sou daarna afslaan vir die wedstryd maar hierdie “reaksie” het nie goed met Garin gesit nie.
Die Chileen het die nou ruimte tussen die net en die skeidsregterstoel genader waar die spelers kontak met mekaar gemaak het. Bergs het Garin per ongeluk met die skouer op die oog getref waarna die Belg dadelik om verskoning gevra het maar Garin het geweier om die kragmeting voort te sit waarna Chili se span geëis het dat Bergs gediskwalifiseer moet word.
Na drie agtereenvolgende tydoortredings is Garin egter gestraf en het uiteindelik die wedstryd in drie stelle verloor.
België sal in September weer gasheer vir Australië speel.