TENNIS – Dag 3 by die Amerikaanse Tennis Ope het nog verrassings opgelewer toe China se Wang Xiyu die 3de gekeurde Maria Sakkari van Griekeland in 3 stelle uitgeskakel het.
Xiyu wat 75ste in die wêreld gekeur is het nadat sy die 1ste stel verloor het teruggeveg en die wedstryd in 2 ure en 43 minute met 7 – 5 en 7 – 5 beklink. Haar landgenoot Zhang Shuai is ook deur na die volgende ronde toe sy Anna Schmiedlova in 2 skoon stelle uitgeknikker het.
In die mans afdeling het Wu Yibing ook die eerste Chinese speler in 63 jaar geword om die 3de ronde in ‘n Grand Slam toernooi te bereik toe hy die die 31ste gekeurde Nikoloz Basilashvili in ‘n marathon wedstryd van 5 stelle geklop het.
Die Aussie kapokhaan Nick Kyrgios het ook deurgedring na die volgende ronde maar nie voordat hy weer sy ou streke uitgehaal het nie. Kyrgios het die skeltaal laat reën en ook gekla oor ‘n rook-reuk vanuit die paviljoen maar kon uiteindelik in 4 stelle teen Benjamin Bonzi seëvier.