TENNIS: Dag 1 van Wimbledon 2024 het vir heelwat opwinding gesorg met van die topgekeurdes wat deur is na die 2de ronde.

In die vroue afdeling het die 2de gekeurde Coco Gauff min moeite ondervind teen Caroline Dolehide en met 6 – 1 en 6 – 2 deurgeseil terwyl Naomi Osaka, ‘n 4-malige Grand Slam  kampioen wat vir die 1ste keer in 5 jaar weer op Wimbledon speel  harder moes werk om Diane Parry in 3 stelle te kon troef.

Die 1ste gekeurde Jannik Sinner het wel 4 stelle benodig teen Yannick Hanfmann maar uiteindelik met  6 – 3 , 6 – 4 , 3 – 6 en 6 – 3 die oorwinning beklink terwyl die verdedigende kampioen en 3de gekeurde Carlos Alcaraz in 3 skoon stelle teen Estland se Mark Lajal kon seëvier.

*Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris is ook deur na die volgende ronde na ’n marathon stryd van 5 stelle teen die Amerikaner Alex Michelsen. Harris het ’n agterstand van 2 stelle uitgewis en diè spannende wedstryd in die laaste valbylstel met ’n telling van 11 – 9 gewen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×