TENNIS – Dag 7 van Wimbledon het ook weereens vir heelwat aksie gesorg met spelers wat meeding vir ’n plek in die kwarteindrondes.
Die 2de gekeurde Novak Djokovic sal sy wedstryd vandag teen Hubert Hurkacz voortsit nadat spel weens die aanklokreël gestaak is met die Serwiër wat met 2 stelle voorloop.
Djokovic het ook vir ’n ligtelike oomblik in diè spannende kragmeting gesorg toe hy in die 2de stel sy balans verloor en oor die net gestruikel het waarna Hurkacz saam met die toeskouers maar net kon lag oor diè voorval maar het daarna goeie sportmangees openbaar met ’n omhelsing by die net.
Die 7de gekeurde Andrey Rublev het ook in ’n marathon 5-stel wedstryd Alexander Bublik uitgeskakel terwyl Jannik Sinner en Roman Safiullin ook deur is na onderskeidelik seges oor Daniel Galán en Denis Shapovalov.
Die wêreld nommer een vroue speler Iga Swiatek het in ’n taai wedstryd Belinda Bencic met 6 – 7 , 7 – 6 en 6 – 3 getroef terwyl Jessica Pegula en Mirra Andreeva ook aanbeweeg het na die kwarteindrondes met oorwinnings in skoon stelle teen Lesia Tsurenko en Anastasia Potopova.