TENNIS – Nadat hy die grootste gedeelte van sy professionele loopbaan in die skadu van sy landgenoot en stoutseun van Internasionale tennis Nick Kyrgios moes speel het Alex De Minaur uiteindelik in die kollig verskyn toe hy ook die afgelope naweek die Meksikaanse Ope titel kon inpalm.
De Minaur het die Amerikaner Tommy Paul in 3 stelle geklop. Die telling was 3 – 6 , 6 – 4 en 6 – 1.
Dit was nie net die 24-jarige se grootste oorwinning van sy loopbaan nie maar het ook nou verby Kyrgios geskuif as Australië se nommer 1 speler en beklee ook nou tans die 18de plek op die wêreldranglys.
Hy is ook slegs die 2de Aussie wat in 15 jaar met ’n ATP 500 titel kon wegstap.