TENNIS: Die 137ste uitgawe van die Wimbledon toernooi begin ook vandag in Londen.
Carlos Alcaraz en Markéta Vondroušová is die verdedigende kampioene en gaan als in die stryd werp om weer met hierdiè gesogte titels te kan wegstap.
Die 3de gekeurde Alcaraz speel teen Mark Lajal terwyl Vondroušová wat 6de gekeur is haar openingsronde eers Dinsdag teen Jessica Maneiro sal afhandel.
*Suid-Afrika se Lloyd Harris begin ook sy Aarbei & Room toernooi vanmiddag om 14:30 wanneer hy teen die Amerikaner Alex Michelsen te staan gaan kom.