Die tweemalige verdedigende Australiese Ope vroue-kampioen Aryna Sabalenka het haar visier ingestel vir ’n derde titel nadat sy die 17-jarige Russiese tiener Mirra Andreeva op die warmste dag sover in die Melbourne toernooi Sondag in twee skoon stelle van die baan af gevee het.
Sy ontmoet die 27ste gekeurde Anastasia Pavlyuchenkova Dinsdag in die kwarteindronde wat op haar beurt die 18de gekeurde Donna Vekić met 7 – 6 en 6 – 0 uigeskakel het in die vierde ronde.
Carlos Alcaraz het ook sy plek in die laaste ronde van agt bepreek toe hy ’n oorstap-wen teen aan die einde van die tweede stel teen Jack Draper gekry het terwyl Novak Djokovic homself ook in die kwarteindronde bevind nadat hy Jiri Lehecka met 6 – 3 , 6 – 4 en 7 – 6 kon stuit.