TENNIS – Indien die wêreldbekende rolprent regisseur James Cameron vandag ‘n draaiboek vir hierdiè senutergende kwarteindronde wedstryde onder oë kon hê sou hy net een woord kon uitbasuin naamlik: AKSIE!

Dis presies wat wag op plaaslike toeskouers en televisie kykers wêreldwyd wanneer die laaste 8 mans en vroue spelers mekaar op die kleibane van Roland Garros die stryd gaan aansê.

Onder die dames is die gunsteling en 1ste gekeurde Iga Swiatek teen Jessica Pegula in aksie terwyl die tweestryd tussen Coco Gauff en Sloane Stephens ook vir baie drama kan sorg.

In die mans afdeling pak Alexander Zverev die Spaanse nuweling Carlos Alcaraz terwyl die hoogtepunt diè aksie belaaide riller tussen die wêreld nommer een en verdedigende kampioen Novak Djokovic en die 20-malige Grand Slam wenner Rafael Nadal gaan wees.

Djokovic sal poog om sy 3de titel op klei te wen terwyl Rafa dit nommer 14 sal wil maak.

Die gordyn vir hierdiè tennis skouspel lig om 20:45 vanaand (SA Tyd).

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×