TENNIS – Novak Djokovic het verlede jaar se nederlaag teen Lorenzo Musetti in die laaste rondte van 16 by die Monte Carlo Meesters agter hom gebêre toe die wêreld nommer een die Italianer uit die pad gevee het met ’n telling van  7 – 5 en 6 – 3.

Djokovic speel nou teen die 11de gekeurde Australiër Alex de Minaur wat op sy beurt landgenoot Alexei Popyrin ook  huistoe gestuur het in 2 skoon stelle.

Die kragmeting tussen Daniil Medvedev en Karen Khachanov het vir groot opwinding gesorg nadat diè omstrede Russiese speler vir ‘n 2de dag in ’n ry weer ‘n woede uitbarsting gehad waar hy sy mond teenoor die skeidsregter uitgespoel het oor beslissings wat volgens Medvedev verkeerdelik gemaak is.

*Khachanov het uiteindelik diè tweestryd in 2 skoon stelle gewen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×