Die voormalige wêreld nommer een onder mans tennisspelers, Novak Djokovic, sê hy was vergiftig voor die Australiese Ope in 2022.

Djokovic was in 2022 in aanhouding geplaas na sy visa gekanselleer was weens sy standpunt rondom Covid-19 inentings.

DIe 24-malige Grand Slam wenner het geweier om die inenting te neem en is dus in ‘n hotel in Melbourne geplaas.

Volgens Djokovic het hy agtergekom dat hy daar iets gevoer is wat giftig was.

Hy sê toetse het onthul dat hy hoë vlakke van lood en kwik in sy bloed gehad.

Australië se Departement van Binnelandse Sake het geweier om kommentaar te lewer oor die saak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×