TENNIS – Daar wink moontlik ‘n lig aan die einde van die tonnel vir Novak Djokovic oor die moontlikheid dat hy weer tennis in Australië mag speel.

Djokovic wat al reeds 9 keer diè 1ste Grand Slam toernooi van die jaar gewen het is belet om diè land tot 2025 te besoek weens sy weiering om teen Covid-19 ingeënt te word. Die Serwiër se regspan kommunikeer egter nou met Australiese regeringsamptenare en hoop om binne die volgende paar weke uitsluitsel oor sy visumverbod te verkry.

Djokovic wat tans 7de op die wêreldranlys is speel ook volgende week in die Paryse Meesters- en  dan in die daaropvolgende ATP-jaareindtoernooi in November.

Hy hoop om die nuwe jaar op ‘n hoë noot af te skop en ook gesê dat hy net tennis wil speel en dat Australië ook die plek is waar hy van sy beste resultate op die baan lewer. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×